Cul De Sac

Die stad se neon arms draai my in hul vas
Spot my een huis spore wat gister nog langs joune was
Winkelpop gesigte die selfde dag en nag
Troef my met ‘n glimlag wat gister nog om my oë was

Ek staan voor growwe mure my son was beton gewees
Het ek maar die bordjie met die cul de sac gelees
Dit verbind die seerkry verouder dit soos wyn
In die eike balie van my hart sal liefde weer kan skyn

Ek staan voor growwe mure my son was beton gewees
Het ek maar die bordjie met die cul de sac gelees
Maar agter my lê drome nogsteeds onaangeraak
Iewers oppad daarnatoe wag liefde wat heel sal maak
Wag liefde
Wat heel sal maak

Curiosidades sobre a música Cul De Sac de Anneli Van Rooyen

Quando a música “Cul De Sac” foi lançada por Anneli Van Rooyen?
A música Cul De Sac foi lançada em 1988, no álbum “Soos ou vriende”.

Músicas mais populares de Anneli Van Rooyen

Outros artistas de Afrikaans