As Ek Kon

ANNELI VAN ROOYEN, G ATARI

Aanhouer wen
Maar die petrolprys die spitsverkeer geen parkering vroeg of laat
Laat my harde bene kou die laaste strooi
Uit die snelstrik tussen bosse en die lang tou by die kitsbank
Wat my bloeddruk dakhoog hou

Ag geld is skaars
Forteine wat gewen word o telkens aan ‘n ander
Dis net olie op die vuur belasting is kwaai
Mens moet murg hê in jou pype
Die pot nog aan die kook hou alles alles peperduur

En as ek kon, en as ek kon
Sou ek die hele wêreld met perfeksie wou verstom
Ek sou wense toe wou staan
Die lig voetspoor die dae heen probleme kon ontslaan

O as ek kon, ja as ek kon
Sou ek die hele aardbol draai na strale van die son
Sodat lig op almal skyn
Die reën mos kan verdwyn en dan uiteindelik elke raaisel sal kan rym

Ons kry maar swaar met kinkels in die kabels
Ysters in die vure aai die prentjie lyk maar sleg blinkkant bo
Min goed gaan in my skoot val
Maar ek sal die paal haal daar’s ‘n goue middelweg

En as ek kon, en as ek kon
Sou ek die hele wêreld met perfeksie wou verstom
Ek sou wense toe wou staan
Die lig voetspoor die dae heen probleme kon ontslaan

O as ek kon, ja as ek kon
Sou ek die hele aardbol draai na strale van die son
Sodat lig op almal skyn
Die reën mos kan verdwyn en dan uiteindelik elke raaisel sal kan rym

En as ek kon, en as ek kon
Sou ek die hele wêreld met perfeksie wou verstom
Ek sou wense toe wou staan
Die lig voetspoor die dae heen probleme kon ontslaan

En as ek kon, ja as ek kon
Sou ek die hele aardbol draai na strale van die son
Sodat lig op almal skyn
Die reën mos kan verdwyn en dan uiteindelik elke raaisel sal kan rym
En as ek kon, ja as ek kon

Curiosidades sobre a música As Ek Kon de Anneli Van Rooyen

Quando a música “As Ek Kon” foi lançada por Anneli Van Rooyen?
A música As Ek Kon foi lançada em 1980, no álbum “Neem My Saam”.
De quem é a composição da música “As Ek Kon” de Anneli Van Rooyen?
A música “As Ek Kon” de Anneli Van Rooyen foi composta por ANNELI VAN ROOYEN, G ATARI.

Músicas mais populares de Anneli Van Rooyen

Outros artistas de Afrikaans