Om Ons Liefde Weg Te Gee

Kan jy dit hoor?
Sien jy dit raak?
Jy's die rede dat my hart vir jou oopmaak

Jy ken my woorde
Jy ken my siel
Maak my gelukkig ek wil my lewe met jou deel

Ek wens ek kan jou alles koop wat jou hart begeer
En dit toe vou in my liefde totdat jy dit oop kan skeer
My arms om jou lyf hou totdat jy dit weet
Dat niks ooit genoeg is om ons liefde weg te gee

Jy weet my lewe draai net om jou
Ek gee my alles om jou hier by my te hou
En jy verduidelik as ek aan jou raak
Dis net jou liefde wat my hart weer vol kan maak

Ek wens ek kan jou alles koop wat jou hart begeer
En dit toe vou in my liefde totdat jy dit oop kan skeer
My arms om jou lyf hou totdat jy dit weet
Dat niks ooit genoeg is om ons liefde weg te gee

Hierdie dag sal jy vir altyd onthou
Hierdie hart hier binne my dit is 'n hart vir jou
Alles om my sal my nooit onder kry
Want dit is jy wat my hart hou (Wens ek kan jou hart hou)

Ek wens ek kan jou alles koop wat jou hart begeer
En dit toe vou in my liefde totdat jy dit oop kan skeer
My arms om jou lyf hou totdat jy dit weet
Dat niks ooit genoeg is om ons liefde weg te gee

Ek wens ek kan jou alles koop wat jou hart begeer
En dit toe vou in my liefde totdat jy dit oop kan skeer
My arms om jou lyf hou totdat jy dit weet
Dat niks ooit genoeg is om ons liefde weg te gee
Om ons liefde weg te gee

Músicas mais populares de Touch Of Class

Outros artistas de Afrikaans