Dans in Die Reen

Op 'n plaas buitekant die Klein Karoo staan 'n boer en wag
Hy wag al lank vir 'n druppel reën om sy grond te kom seen
Hy bid al maande lank dat daar net iets moet gebeur
Skielik slaan die druppels neer

Het jy al 'n boer sien lag?
'n Boer sien dans in die reën terwyl 'n traan by sy wang af rol?
'n Boer sien lag?
'n Boer sien dans in die reën terwyl God die aarde seën

Op 'n plaas buitekant die Klein Karoo staan 'n boer en lag
Hy kyk op na die wolke hoog en sien 'n reënboog
Hy weet dat daar is iemand wat uit kyk vir hom
Hy hoor nog 'n storm aan kom

Het jy al 'n boer sien lag?
'n Boer sien dans in die reën terwyl 'n traan by sy wang af rol?
'n Boer sien lag?
'n Boer sien dans in die reën terwyl God die aarde seën?

Hy hoor dit aankom
Hy hoor die gegrom
Donker wolke wat bo oor hom huil
Die reën val neer
Net meer en meer
Sak op sy knieë neer

Het jy al 'n boer sien lag?
'n Boer sien dans in die reën terwyl 'n traan by sy wang af rol?
'n Boer sien lag?
'n Boer sien dans in die reën terwyl God die aarde seën?
Terwyl God die aarde seën

Músicas mais populares de Touch Of Class

Outros artistas de Afrikaans