Genade Onbeskryflik Groot

Genade onbeskryflik groot
Het U aan my bewys
Verlore seun, 'n wegloopkind
Weer in die Vader huis

En jy ou maat daar eenkant weg
Lyk of jy honger ly
Kom na die Vader, kom maak reg
Genade maak weer vry

Ek is die naam van kind nie werd
Wou self my sake reël
My lewe, kanse, tyd en geld
Is nutteloos verspeel

Maar U sien vêr, oneindig vêr
U sien my honger, dors
Want toe ek kom my skuld belei
Druk U my aan U bors

Músicas mais populares de Sonja Herholdt

Outros artistas de Afrikaans