Is Dit Jy
Eensaamheid se hande
Hou my al hoe stywer vas
Ek wonder of die liefde my dalk dié jaar gaan verras
Ek pak weer my gedagtes
En my drome in ‘n tas
Om te ry op soek na jou
Die werklikheid se waarheid
Maak my dikwels maar bewoë
Dit onderdruk my hart se hoop om my in drome te laat glo
En die twyfel is omsigbaar
In die hoeke van my oë
Gaan ek jou ooit ontmoet?
Want dit voel ek ry ek ry ek ry in sirkels rond
Ek probeer my voete vestig op die grond
Maar dit voel ek gly ek gly ek gly soms uit my baan
As ek die eensaamheid alweer probeer weerstaan
Gister het ‘n vreemde klop
Kom hammer aan my deur
Ek het gewonder is dit die eensaamheid wat my alweer wil steel
Ek het gehuiwer en gewonder
In my angstigheid en seer
Gaan jy my ooit verlos?
Maar ‘n somerwind van buite
Het my deure oop gewaai
En ‘n hele handvol strale oor my eensaam hart gesaai
Ek het gewonder is dit die eensaamheid wat my dalk weer verraai?
Of is jy die een vir my?
Want dit voel ek ry ek ry ek ry in sirkels rond
Ek probeer my voete vestig op die grond
Maar dit voel ek gly ek gly ek gly soms uit my baan
As ek die eensaamheid alweer probeer weerstaan
Is dit jy?
Is dit jy?
Is jy die een wat hier by my gaan bly?
Is dit jy?
Is dit jy?
Is jy die een wat hier by my gaan bly?
Dit is jy
Dit is jy
Jy’s die een wat hier by my gaan bly
Dit is jy
Dit is jy
Jy’s die een wat hier by my gaan bly
Want dit voel ek ry ek ry ek ry in sirkels rond
Ek probeer my voete vestig op die grond
Maar dit voel ek gly ek gly ek gly soms uit my baan
As ek die eensaamheid alweer probeer weerstaan
Ja dit voel ek ry ek ry ek ry in sirkels rond
Ek probeer my voete vestig op die grond
Maar dit voel ek gly ek gly ek gly soms uit my baan
As ek die eensaamheid alweer probeer weerstaan
As ek die eensaamheid alweer probeer weerstaan