Papgooiervlei

ROBB WESSELS

By Bronkhorstspruitdam waar die visserman kamp
Moet jy mooi oplet waar die lyne lê
Voor jou boot se propeller dalk ‘n vislyn hak
En jy te doen kry met ‘n man

Wat nie slaap in die nag nie wat nog vroegdag kyk
Of sy poliesman lig of sy dobbertjie duik
Of sy kiepnet leeg is en sy brandewyn vol dis vir hom wat jy moet watch
Dis vir hom wat jy moet hol

Ek’s ‘n papgooier ek’s ‘n man wat kan
Ek’s die burgermeester van Bronkhorstspruitdam
Ek het lank gewag dat die seisoen moet draai
Dat die karp weer loop hier by Bronkhorstbaai

Maar die barbers en die krappe bly my aas af kou
Oh ek het nie meer geduld nie en ek mis my vrou
Ek gaan huistoe

Nou die beste dinge hier by Bronkhorstspruitbaai is slalem ski en lekker vleis braai
Maar die reel by die waters as die son gaan sak moet jy tjoepstil bly
Want as ‘n vis dalk hak

Moet iemand altyd reg wees en die skiepnet hou
Want die grote kom net eenkeer en hy kom dalk nou
Toe daar wragtig ‘n skiër oor die lyn kom trip met ‘n karp aan die hoek
En die visserman strip

Ek’s ‘n papgooier ek’s ‘n man wat kan
Ek’s die burgermeester van Bronkhorstspruitdam
Ek het lank gewag dat die seisoen moet draai
Dat die karp weer loop hier by Bronkhorstbaai

Maar die barbers en die krappe bly my aas af kou
Oh ek het nie meer geduld nie en ek mis my vrou
Ek gaan huistoe

Nou die grootste vyand hier in Papgooiervlei is die dampolisie en jetski ry
Vir altwee van hulle moet die papgooier wys
Vir jou is ons nie bang nie
Ons skrik nie vir ‘n muis

Want die dampolisie het ‘n papgooier reel
As jy ‘n jetskier hak moet jy al jou vleis deel met die res van die dam van oud tot jonk
Tot daardie mense
Begin oppak

Ek’s ‘n papgooier ek’s ‘n man wat kan
Ek’s die burgermeester van Bronkhorstspruitdam
Ek het lank gewag dat die seisoen moet draai
Dat die karp weer loop hier by Bronkhorstbaai

Maar die barbers en die krappe bly my aas af kou
Oh ek het nie meer geduld nie en ek mis my vrou
Ek gaan huistoe

En as die laaste skippers hulle bote hak
Kry die papgooiers vir oulaas twak
As al die walms van die engines op die horison hang
En die reuk in die lug hulle neuse vang

En as die stilte uiteindelik op die dam kom lê
Sê die ou papgooiers hulle laaste sê
En word die kinders stilgemaak moet in die tent gaan lê dat die grootmense
Kan visvang

Ek’s ‘n papgooier ek’s ‘n man wat kan
Ek’s die burgermeester van Bronkhorstspruitdam
Ek het lank gewag dat die seisoen moet draai
Dat die karp weer loop hier by Bronkhorstbaai

Maar die barbers en die krappe bly my aas af kou
Oh ek het nie meer geduld nie en ek mis my vrou
Ek gaan huistoe

Ek’s ‘n papgooier ek’s ‘n man wat kan
Ek’s die burgermeester van Bronkhorstspruitdam
Ek het lank gewag dat die seisoen moet draai
Dat die karp weer loop hier by Bronkhorstbaai

Maar die barbers en die krappe bly my aas af kou
Oh ek het nie meer geduld nie en ek mis my vrou
Ek gaan huis toe

Ek gaan huis toe
Ek gaan huis toe
O ek gaan huis toe

Curiosidades sobre a música Papgooiervlei de Robbie Wessels

Quando a música “Papgooiervlei” foi lançada por Robbie Wessels?
A música Papgooiervlei foi lançada em 2017, no álbum “Woestyn”.
De quem é a composição da música “Papgooiervlei” de Robbie Wessels?
A música “Papgooiervlei” de Robbie Wessels foi composta por ROBB WESSELS.

Músicas mais populares de Robbie Wessels

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)