Chakile en Jimanzi
Van al die somersporte in die Noord-Gauteng is die gewildste een saam draf
Uit die ooste weste uit die noord suide voor die eerste hond nog blaf
Wag derduisende mense by die wegspringpunt dat die afsetskoot moet klap
En party is goed geditermineerd en party het net kom stap
En meneer Chakile en sy broer Jimanzi het ‘n plan een jaar bedink
Toe hulle saam een aand voor ‘n bekende race ‘n paar Black Labels drink
En Chakile sê vir sy broer Jimazi dit gaan goeie beplanning kos
As ons mekaar vir ‘n gouemedalje halfpad aflos
Chakile en Jimanzi kam ‘n kantpadjie na die selle kant
Chakile en Jimanzi trek die selle baadjie aan
Chakile en Jimanzi se stophorlosie is aan dieselfde hand vas
Chakile en Jimamzi se hele bagasie pas bymekaar
By die halfpad merk in ‘n mielieland wag Jimanzi vir sy broer
Hy is effe nervous oor die race-beamptes en hy wonder waar’s die boer
En Chakile trek af vir ‘n kamma-nood en hy sê Jimanzi go
Uit die mielieland kom Jimanzi uit soos ‘n splinter nuwe ou
En die voorloper drink sy laaste jel en hy proe al die champagne
Toe Jimanzi skielik aan sy sy verskyn en op die horison verdwyn
Op ‘n vreemde teerpad stap ‘n vars Chakile aan ‘n braaimielie en eet
En in die verte hol sy broer Jimanzi eerste oor die streep
Chakile en Jimanzi kam ‘n kantpadjie na die selle kant
Chakile en Jimanzi trek die selle baadjie aan
Chakile en Jimanzi se stophorlosie is aan die selle hand vas
Chakile en Jimamzi se hele bagasie pas bymekaar
Maar die Raad het begin snuf in die neus kry
Want Jimanzi lyk te vars
En iets omtrent sy hare was anders
En iets omtrent sy groot wrist watch
En toe hulle terug gaan op die foto’s
Van die kameras langs die pad
Is Jimanzi se kantpadjie en horlosie aan die een en dan die anderkant
Chakile en Jimanzi se stophorlosies sit nie aan die selle hand nie
Chakile en Jimamzi se kantpadjies verskil
Want Chakile en Jimanzi het nie ‘n spieël by die huis nie hulle kyk vir mekaar
Want Chakile en Jimanzi is ‘n tweelingpaartjie dis waar
Chakile en Jimanzi