Rooi Ligte
Hoe kom jy oor my mure?
Dis dan so hoog gebou
Hoe blus jy al my vure?
As ek jou vêr weg hou
Hoe sien jy al my vrese?
As ek jou nie vertrou
Ek sien al klaar die einde
Ek raak te lief vir jou
Maar ek was nooit die een wat net als sou oorgee
Ek was nooit die een vir jou
Maar jy’t my hart gedraai teen my beter wete
Ek sien rooi ligte met jou
Daar was te veel verwagtings
Daar was te veel gebou
Op dit wat jy gedink het
Sou my by jou kon hou
Maar ek was nooit die een wat net als sou oorgee
Ek was nooit die een vir jou
Maar jy’t my hart gedraai teen my beter wete
Ek sien rooi ligte met jou
Hoe draai `n mens weer weg?
Van dit wat jy weet
Nie noodwendig sal goed wees vir jou
En hou 'n mens jouself so vas as jy gelos het?
En jy weet dis te laat
Ek was nooit die een wat net als sou oorgee
Ek was nooit die een vir jou
Maar jy’t my hart gedraai teen my beter wete
Ek sien rooi ligte met jou
Ek sien rooi ligte met jou
Ek sien rooi ligte met jou
Ek sien rooi ligte met jou
Ek sien rooi ligte met jou
Ek sien rooi ligte met jou
Ek sien rooi ligte met jou
Rooi ligte met jou
Rooi ligte met jou