Masker

CHRISTOPH KOTZE, JOHAN VOSTER

Daar’s al soveel keer vir my gesê ek is nie mooi nie
Daar’s al soveel keer oopgemaak en nie ingenooi nie
Maar die sleg maak sterk
Die seer maak goed mmm
Toe het ek jou ontmoet

Saam met jou het ek geleer om nie myself te steur nie (Om nie myself te steur nie)
Want die vingers wat na my toe wys maak nie meer seer nie (Maak nie meer seer nie)
Ek kry my skuiling hier
Hier by jou
Want jy haal jou masker af vir my

Ek is mooi genoeg vir jou
Ek is goed genoeg vir jou
Want by jou haal ek my masker af
Om myself te wys vir jou

Kan ‘n mens ooit vergeet sonder vergewe (Sonder vergewe)
Elke mens het sy eie storie dis die lewe (Dis die lewe)
Maar jy moet glo
En aanhou weet
Die antwoord lê diep binne jou

Ek is mooi genoeg vir jou
Ek is goed genoeg vir jou
Want by jou haal ek my masker af
Om myself te wys vir jou

Dit is wie ek is by jou
Jy’s die een wat my sal regop hou
Want by jou haal ek my masker af
Om myself te wys vir jou

Hier’s ek nou gekleë in net die waarheid net die vlees en bloed wat na jou kyk
En jou masker word net nog ‘n masker soms vergeet jy hoe jy lyk

Ek is mooi genoeg vir jou
Ek is goed genoeg vir jou
Want by jou haal ek my masker af
Om myself te wys vir jou

Dit is wie ek is by jou
Jy’s die een wat my sal regop hou
Want by jou haal ek my masker af
Om myself te wys vir jou

Curiosidades sobre a música Masker de Karlien Van Jaarsveld

Quando a música “Masker” foi lançada por Karlien Van Jaarsveld?
A música Masker foi lançada em 2017, no álbum “Sing Vir Liefde”.
De quem é a composição da música “Masker” de Karlien Van Jaarsveld?
A música “Masker” de Karlien Van Jaarsveld foi composta por CHRISTOPH KOTZE, JOHAN VOSTER.

Músicas mais populares de Karlien Van Jaarsveld

Outros artistas de Pop rock