Ou Ou Lied Van Afrika

Ek het lank gewag, die dorp word koud
My patrollie ry more weg
Die drade kraak, kafees gaan toe
Die gewere, die Jeeps staan reg

Hoekom staan jy smorens op jou pa se stoep
Hoekom stap jy alleen op straat
Hoekom gloei jou oë, jou skouers blink
Jy sing in jou deur en dis laat

Maar vannaag gooi ek my geweerband weg
En ek haal my gordel af
As dit donker is, as almal slaap
Is ek voor jou deur en ek wag

Sing die ou ou lied van Afrika
Sing dit sag, sing dit lank vir my
Maak oop jou hart, maak oop jou deur
Laat my binnekom, laat my bly

Blaas uit die kers, draai jou kopdoek los
Ek het lankal my tent vergeet
Laat ons mond aan mond en lyf aan lyf
Laat ons vry
En vir altyd wees

En sing die ou ou lied van Afrika
Sing dit sag, sing dit lank vir my
Maak oop jou hart, maak oop jou deur
Laat ons vry en vir altyd wees

Músicas mais populares de Johannes Kerkorrel

Outros artistas de Pop rock