Hillbrow

Ralph Rabie

Ou man sit by die straatkafees
En kyk al die mense
Loop heen-en-weer
Die boemelaars raas by die Wimpy Bar
En Fontana is oop tot laat in die aand

Kaalvoet kinders in die straat
Wys parkeerplek aan
En hou dan die hand
En hou dan die hand
En hou oop die hand

Oh, en gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow

Uit Quartz Straat hoor ek 'n meisie my roep
Daar's 'n Hare Krishna wat vra wat ek soek
En ken ek vir Jesus, vra 'n man op die stoep
Tussen Hillbrow Records en Estoril Books

En dis lank na twaalf-uur
En die Hillbrow toring stuur
Sy seine in die nag, sy sein in die nag
Sy sein vir die junkies wat wag

Whoa, en gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

En die ligte gaan aan
In die Chelsea Hotel
En stemme en musiek
Klink in elke woonstel

Ons sit in die son en drink wyn
Ons survive met 'n helse lot pyn in hierdie land, ja
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef
Op die een wat kry wat hy vra, ja

Ja, en gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow
Kom aan, gee jou hart vir Hillbrow

Músicas mais populares de Johannes Kerkorrel

Outros artistas de Pop rock