Boogskutter

Ralph John Rabie

Wel, ek sien hom teen die duin
Waar die son teen die Namib slaan
Met sy pyl en 'n boog en 'n lendekleed
Draf hy snel in die sand woestyn

Met 'n silver vlerk swiep ons oor die duin
Blits die son speels in sy oog
En meteens haal hy oor
En lanseer uit 'n boog
Bring 'n brief uit die oertyd saam

Laat dit reën
Bring die groot reën aan
Want hy sien hom
Sien hy kom
Hy sien die groot reën kom

Ruimteman
Meester van die eeu
Masjiene dans op jou bevel
Kan jy nog iets vir ons doen?

Want die son brand die woestyn
Word 'n vuur teen elke duin
En dit het jare laas
Hier gereën
Die Thomas Hoogland ly

Mensekind
Ruimteman
Maak wat jy wil doen
Wat jy kan
Laat dit reën
Laat die groen reën kom

(Mensekind)
(Ruimteman)
(Wyseman)

Wyseman
Medisyneman
Aan die einde van 'n duisend jaar
Kan jy vlieg?
Kan jy droom?
Kan jy skepe bou
Wat na die ruimte vaar?

Die planeet klaar, die planeet dra waar
Die planeet kan die vrag nie dra
Van alles wat jy op gebruik sal die bome sê goodbye

Ruimteman
Medisyneman
Maak wat jy wil doen
Wat jy kan
Laat die bome asem haal

Músicas mais populares de Johannes Kerkorrel

Outros artistas de Pop rock