Verloor

Die son het weer die maan gegroet en ek sit weer alleen
Ek weet ek moet vanaand iets doen om te vergeet van die seer
Want iewers binne my is daar iets wat uitskree
Nou's alles wat jou pla in die lewe soveel meer
My glas raak al hoe leër en meer maar my siel soek meer

Want ek wil nie net oorleef nie
Ek gaan vanaand net weer laat gaan

Ek wil myself verloor, in jou, sal jy, my kry op die dansvloer?
Ek wil myself verloor, in jou, sal jy, my kry op die dansvloer?
Ek wil myself verloor

Die maan is nou weer oppad uit en net so my beheer
Nou los jy my met net 'n soen, my hart soek soveel meer
Jy maak iets wakker binne my en jy het geen ideë
Hoe graag ek net wil terug gaan na daai eerste keer
Jou woorde in my hart graveer, hier gaan ons al weer

Want ons wil nie net oorleef nie
Gaan jy vanaand my weer laat gaan?

Ek wil myself verloor, in jou, sal jy, my kry op die dansvloer?
Ek wil myself verloor, in jou, sal jy, my kry op die dansvloer?
Ek wil myself verloor

En ek verf jou gesig met woord op papier vanaand
En ek wonder of jy weet dat hierdie song oor jou gaan?

Ek wil myself verloor, in jou, sal jy, my kry op die dansvloer?
Ek wil myself verloor, in jou, sal jy, my kry op die dansvloer?
Ek wil myself verloor

Ek wil myself verloor

Músicas mais populares de Georic Lomas

Outros artistas de Dance pop