My Seun
My seun jy lê en slaap, miskien moet dit maar wag?
Ek wou iets vir jou sê dit kan tot later wag
By jou moeder en ek was die liefde groot
Nou is alles verby hier tuis is alles dood
My seun al leef ek net vir jou
My seun vir jou wil ek behou
En as ek bly
My seun dan bly ek net vir jou
Hoe kan mens dit verstaan waarom het ons begin?
Want ons is nou vervreemd niks meer maak nou meer sin
Dis nou verby ons het so hard probeer
Dit alles net vergeefs dit alles maak so seer
My seun al leef ek net vir jou
My seun vir jou wil ek behou
En as ek bly
My seun dan bly ek net vir jou
Dis beter as jy slaap nou het jy niks gehoor
Ek moet jou maar laat droom dan kan jy niks verloor
Jy’s nog ‘n kind maar eendag sal jy weet
Die lewe is geen droom dit is so dikwels wreed
My seun al leef ek net vir jou
My seun vir jou wil ek behou
En as ek bly
My seun dan bly ek net vir jou
My seun al leef ek net vir jou
My seun vir jou wil ek behou
En as ek bly
My seun dan bly ek net vir jou
Dan bly ek net vir jou