Jerusalem

Laasnag het in my drome 'n wonderbeeld verskyn
Ek staan in ou Jerusalem en sien die tempel daar
Ek hoor die sang van kinders net soos 'n Engelekoor
En saam sing hul 'n loflied wat selfs die hemele hoor
En saam sing hul 'n loflied wat selfs die hemele hoor

Jerusalem Jerusalem
Sing nou ‘n loflied saam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys Sy Naam

En daar verander toe my droom ‘n stilte daal daar neer
Weg raak die bly Hosannas geen kinderstemme meer
Die son het toe verduister die oggend koud en kil
In die skadu van ‘n kruis verrys verrys om ons ontwil
In die skadu van ‘n kruis verrys verrys om ons ontwil

Jerusalem Jerusalem
Sing nou ‘n loflied saam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys Sy Naam

En weer verander die toneel ‘n helder glans verskyn
Ek sien die Heilige stad daar son begin weer skyn
Die poorte word wyd oop gemaak die duister het verdwyn
En almal kan na binnegaan geeneen sal buite staan
‘n Nuwe dag het aangebreek die kinders sing weer saam
Die Heilige stad Jerusalem sal nooit weer kan vergaan
Die Heilige stad Jerusalem sal nooit weer kan vergaan

Jerusalem Jerusalem
Sing nou ‘n loflied saam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys Sy Naam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys Sy Naam

Músicas mais populares de Ge Korsten

Outros artistas de Opera