Trippe Trappe Trone

CHRISTOPH (APPEL) KOTZE, DANNY SMOKE, JOHAN VORSTER

Wys my waar is die donker gang
Wys my die plek waarheen jy wil gaan
Jou lippe bewe jou palms sweet

Jy sê jy wil stop maar jou bene hou nie op om te trek nie
Dit werk nie
Jy fluister in my oor en dis al wat ek wil hoor moenie stop nie (Moenie stop nie)

En trippe trappe trone ek het jou ek belowe laat gaan net
Kom haal net vir my asem die ruit is toegewasem voel jy dit?

En trippe trappe trone ons altwee is verlore in die oomblik
Maar net ons sal weet wat hier gebeur het

Ek lei jou na die kamer waar
Jou lyf sonder inhibisies praat
Jou masker af en jy word vlees

Jy weet jy wil nie stop want jou bene hou nie op om te trek nie
Dit werk nie
Ek fluister in jou oor want ek weet jy wil dit hoor moenie stop nie (Moenie stop nie)

En trippe trappe trone ek het jou ek belowe laat gaan net
Kom haal net vir my asem die ruit is toegewasem voel jy dit?

En trippe trappe trone ons altwee is verlore in die oomblik
Maar net ons sal weet wat hier gebeur het

Jou lyf het gesê ek weet wat jy wil hê jy wil oorgee
Jy wil ingee
Jou oë trek my uit en jy het klaar besluit jy gaan oorgee
Jy gaan ingee (En trippe trappe trone)

En trippe trappe trone ek het jou ek belowe laat gaan net
Kom haal net vir my asem die ruit is toegewasem voel jy dit? (Voel jy dit?)

En trippe trappe trone ons altwee is verlore in die oomblik
Maar net ons sal weet wat hier gebeur het

Músicas mais populares de Danny Smoke

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)