Waar Die Reuse Val

Daar’s ‘n bloedstreep in die lang gras
En ‘n kalfie snuif vanoggend wind
Maar by sy ma se lêplek sal hy ‘n karkas tussen bome vind

En ek sweer ek kan sy seer ook voel wat so swaar is om te dra
Want ons is skadus van dieselfde son ons is al twee deel
Van Afrika

O wie is jy hier o wie is jy
Wat die reuse so laat val?
O wie is jy hier o wie is jy
Wat kyk hoe alles om jou vergaan?
O wie is jy hier o wie is jy?

En ek wens ek’s eendag naby
As daai groot plathand jou raakslaan

Voel vere vir jou bygeloof jou kastige kultuur
Laat my somtyds wonder wie is mens en wie is dier
In die ooste waar die son op kom is sy heerskappy van moord
Dis tyd dat sy dienaars terugkruip na daar waar hulle hoort

En ‘n stem roep my uit Afrika
Die tyd het min geraak
Want eendag gaan ons kinders vra
Hoe't ons dit toegelaat?

O wie is jy hier o wie is jy
Wat die reuse so laat val?
O wie is jy hier o wie is jy
Wat kyk hoe alles om jou vergaan?
O wie is jy hier o wie is jy?

En ek wens ek’s eendag naby
As daai groot plathand jou raakslaan

O wie is jy hier o wie is jy
Wat die reuse so laat val?
O wie is jy hier o wie is jy
Wat kyk hoe alles om jou vergaan?
O wie is jy hier o wie is jy?

En ek wens ek’s eendag naby
As daai groot plathand jou raakslaan

Músicas mais populares de Adam Tas

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)