Kersfees in Afrika
Hier by ons
Dra Kersvader sy flip flops
Hier by ons
Sneeu dit nie
Hier by ons
Word sy rendiere kudus
En hier by ons
Eet ons waatlemoen vir Kersfees
Ons hou Kersfees Kersfees in die son
Ons hou Kersfees Kersfees in die son
Ons hou Kersfees onder ‘n Afrika son
Hier by ons
Lê die strande vol mense
En hier by ons
Het Ouma trifle gemaak
En hier by ons
Brand die braaivleis vure
En hier by ons
Draai ‘n skapie op die spit
Want ons hou Kersfees Kersfees in die son
Ons hou Kersfees Kersfees in die son
Ons hou Kersfees onder ‘n Afrika son
Ons hou Kersfees Kersfees in die son
Ons hou Kersfees Kersfees in die son
Ons hou Kersfees onder ‘n Afrika son
Ons hou Kersfees hier in Afrika