Jantjie Koggelman
Sy naam was Jantjie Koggelman
Hy was groot gemaak in die hande van ‘n arm man
En in die nag as Jantjie droom
Dan droom hy hy vlieg op die hoogste wind se stroom
Maar as jy vir Jantjie vra
Hoe ver sy vlerke hom moet dra?
Dan sê hy vir jou
So ver soos die vlerke wou
En as die weste winde huil
So ver oor die Swartberg se kuil
Daar sien jy vir Jantjie Koggelman
Sy arms vir vlerke verruil
En as die weste winde huil
O so ver oor die Swartberg se kuil
Daar sien jy vir Jantjie Koggelman
Sy arms vir vlerke verruil
Maar ken jy vir Ikarus Jantjie Koggelman?
Miskien is hoog vlieg nie die beste plan
Maar hy sê ek moet nie bekommer
Want ek het die Here gevra om vir my te kom vang
En as die weste winde huil
So ver oor die Swartberg se kuil
Daar sien jy vir Jantjie Koggelman
Sy arms vir vlerke verruil
En as die weste winde huil
O so ver oor die Swartberg se kuil
Daar sien jy vir Jantjie Koggelman
Sy arms vir vlerke verruil
Sy arms vir vlerke verruil
Ja sy arms vir vlerke verruil