Tyd om te Roes
Het my anker gelug en na Blouberg gevlug
En die golwe gedrink en na die bodem gesink
Ek het my keel geplant op Blouberg se sand
Tussen Tafelberg
En Robbeneiland
Dis tyd om te roes
Dis tyd om te rus
Dis tyd om te sê dis hoe dit is
My tyd is verby en dit maak my vry
Hoe lyk dit ou vriend
Kom roes saam met my
Het my vragte gedra sonder om rede te vra
Ek het my siel verkoop vir more se hoop
Het jou tyd uit geloop is jou lugkasteel gesloop?
Hoeveel van jou siel is daar nog oor?
Hoeveel drome is vermoor?
Dis tyd om te roes
Dis tyd om te rus
Dis tyd om te sê dis hoe dit is
My tyd is verby en dit maak my vry
Hoe lyk dit ou vriend
Kom roes saam met my
As die lewe jou kou
Maak los jou tou
Kom na Blouberg se kus
Onder Tafelberg se mis
Dis tyd om te roes
Dis tyd om te rus
Dis tyd om te sê dis hoe dit is
My tyd is verby en dit maak my vry
Hoe lyk dit ou vriend
Dis tyd om te roes
Dis tyd om te rus
Dis tyd om te sê dis hoe dit is
My tyd is verby en dit maak my vry
Hoe lyk dit ou vriend
Kom roes saam met my