My Moeder Is 'n Taal

Haar skoonheid is so groot soos die Heer se genade
Daar’s beloftes wat knetter in haar oë
Haar woorde is soos kweper sade
En daar’s ‘n plekkie vir my om te woon in haar

My moeder is ‘n taal sy word soeter en soeter
Op die lippe van dié wat haar praat
Ja my moeder is ‘n taal sy word soeter en soeter
Op my lippe as ek met haar praat

Haar tong is my mondeering
En haar asem is soos die wind
Haar are is rooi riviere
En haar bloed lê gemors op die tonge van haar seuns

My moeder is ‘n taal sy word soeter en soeter
Op die lippe van dié wat haar praat
Ja my moeder is ‘n taal sy word soeter en soeter
Op my lippe as ek met haar praat

Músicas mais populares de Adam Tas

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)