Bakkie Chicky

Haar tanne is so wit soos ‘n groenmielie pit
En die rooi van ‘n roos gesmeer oor haar lip
Haar glimlag is so warm soos beesmis wat nog stoom
En ek wil haar so graag vat laat ek oor haar kan droom

O Bakkie Chicky Chicky van Hatfield Square
Sal jy my vry as iemand jou dare?
Jy’s my, my Mona Lisa en my, my Brittany Spears
Jy gooi ‘n dop beter as ou Woody van Cheers

Haar borste is so aanloklik soos rooi stroop appels
En dit lyk vir my so lekker soos vet gemaakte kwartels
Haar gat is so ferm soos ‘n opgepompte rugbybal
Dit maak my effens spuls net so bietjie mal

O Bakkie Chicky Chicky van Hatfield Square
Sal jy my vry as iemand jou dare?
En wie se bakkie staan nou voor jou deur?
Jy wil nie liewers my Hilux probeer?

En haar hande is so sag soos ‘n dragtige koei se lies
En ek sweer haar poepe ruik soos lente bries
En sy kam haar hare met ‘n Bombay klapper
Dis soet van voor maar stout van agter

O Bakkie Chicky Chicky van Hatfield Square
Sal jy my vry as iemand jou dare?
Jy’s my, my Mona Lisa en my, my Brittany Spears
En jy gooi ‘n dop beter as ou Woody van Cheers

En wie se bakkie staan nou voor jou deur?
Jy wil nie liewers my Hilux probeer?
Jy’s my Bakkie Chicky Chicky

Músicas mais populares de Adam Tas

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)