Toeka Se Dae [Live]

Hoekom kyk jy vir my asof jy my vir jare al sien?
Jare al sien
En hoekom praat jy met my asof jy my vir jare al ken?
Jare al ken

Sekerlik sou ek tog onthou het
Die herinneringe wat ons twee gebou het

Van toeka se dae af
Jy is altyd in die eerste ry waar jy wag vir my
Van toeka se dae af
Ek sien die drome in jou oë soos jy sing saam met my
Van toeka se dae af (Se dae af se dae af)

Hoekom glo jy in my asof jy hierdie hart in jou dra?
Diep in jou dra
En hoekom tel jy my op as ek val asof niks jou kan keer nie?
Niks jou kan keer nie

Sekerlik sou ek tog onthou het
Die herinneringe wat ons twee gebou het

Van toeka se dae af
Jy is altyd in die eerste ry waar jy wag vir my
Van toeka se dae af
Ek sien die drome in jou oë soos jy sing saam met my
Van toeka se dae af

Almal soek iemand om te glo
In hul drome
Almal soek iemand om voor te sing

Van toeka se dae af
Jy is altyd in die eerste ry waar jy wag vir my
Van toeka se dae af
Ek sien die drome in jou oë soos jy sing saam met my
Van toeka se dae af
Jy is altyd in die eerste ry waar jy wag vir my
Van toeka se dae af
Ek sien die drome in jou oë soos jy sing
Saam met my
Van toeka se dae af (Se dae af se dae af)
Van toeka se dae af

Músicas mais populares de Theuns Jordaan

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)