Praat is te laat

Theuns Jordaan

Johannesburg n wêreldstad hollywood in kaapstad
Die jollers bly laat wakker veral hier in die goudstad
Maar as jy by die robot stop hou bedelhande borde op
Geld vir brood en sop
Toe agterdog sy kop uitsteek die stad se ritme val
Op soek na melk en heuning staan die kinders kaal
Daar's wenners wat wil wegloop verloorders sonder tal
Maar jy stap in die straat ou maat die mense maak jou mal

Ja jy stap in die straat ou maat
Jou deure alles toegemaak
Jou planne het nou opgeraak
Jou beker leeggemaak
Ja jy stap in die straat ou maat
Die spore wat jy agterlaat
Die woorde wat jou mond verlaat
Die praat bly meestal praat
En praat is nou te laat

Die man se oë kaalgestroop te koop vra hy na hoop
Waarvan is die hart dan vol dat die mond so leegloop
In woorde wat die wyses deel word daar nog n kaart gespeel
Lankal een te veel
Bou mure tussen bure want die mense is te bang
Vir die skelms in die strate en die tsotsies in die gang
Die stilte is te stemmig die grimmigheid te stroef
Hoe lank moet die mense wag
Voor n man in n pak n plan sal maak

Nou stap ons in die straat my maat
Ons deure almal toegemaak
Laat hoop geloof en liefde praat
Dis tyd vir hande vat

Al die silwer sikkels opgeraap
Die koperkrummels klaar gekaap
Die nag het nou te laat geraak
Dis tyd vir woord en daad
Kom laat ons die planne maak
Dis tyd vir hande vat
Net die praat is nou te laat

Curiosidades sobre a música Praat is te laat de Theuns Jordaan

Quando a música “Praat is te laat” foi lançada por Theuns Jordaan?
A música Praat is te laat foi lançada em 2006, no álbum “Praat Is Te Laat”.

Músicas mais populares de Theuns Jordaan

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)