Sal Jy Bly
My voete stap al jare lank
Tussen rigtingwysers op die Noord-Wes pad
Met n brief in my hand
Al die pad van Wolmaransstad
Ek voel al die ink uit die brief uit tap
Ek ruik haar hare as ek saans gaan slaap
In my ou houthuis
Ver van Wolmaransstad
Sal jy bly
Vir n appel en n ei
Al skeur die maan ons weg
Bly my hart na jou toe trek
Sal jy bly
Vir n plaas met n ou houthuis
Al bly die skuld teen ons deure klop
Sal jy trou in n ou wit rok - met my
Die nagte raak koud maar ek hou aan ry
Veral as die trokke so verby my gly
Maar ek klou net vas
Aan die brief van Wolmaransstad
Aan my ou houthuis is n ou sinkdeur
In stilte val ek op my kniee neer
Daar was donderweer
En daar staan Lilly voor my
Maar Lilly jou trane
Laat my verlang na die ou ou dae
Toe ons die strate van die bo-dorp
Rooi kon verf , Bloedrooi verf