Roeper Van My Hart live [Live]

As die vlaktes om jou stil raak
Jou hart begin te pyn
Sal jy saam met my wegloop
Saam met my
Verdwyn

Sal jy omdraai in die na-nag
In stilte vir die dag wag
Wonder in my oë kry
Wegbly
As jy seerkry

Wie sal jou vas hou, wie sal jou toemaak, wie sal jou troos as jou trane opraak
Wie sal jou vashou, wie sal jou toedraai, wie sal jou bêre as jy wil gaan slaap

Hoorder van my roepstem
Roeper van my hart
Vir jou stap ek die pad
Vir jou spaar ek my hart

As die stad jou binne koud maak
Die krag in jou wil opraak
As die vlae van verlange
Vuurig deur jou waai

Sal jy wens ek sien jou een dag
Saam wees op 'n reëndag
'n Sonder ophou Sondag vir 'n 24uur dag
Sal ek wag

Wie sal jou vas hou, wie sal jou toemaak, wie sal jou troos as jou trane opraak
Wie sal jou vashou, wie sal jou toedraai, wie sal jou bêre as jy wil gaan slaap

Hoorder van my roepstem
Roeper van my hart
Vir jou stap ek die pad
Vir jou spaar ek my hart

En as jy val sal ek jou kom optel, as jy verdwaal sal ek jou kom haal
As jy jou pad sou verloor sal ek jou opspoor, ek sal jou dra

Wie sal jou vas hou, wie sal jou toemaak, wie sal jou troos as jou trane opraak
Wie sal jou vashou, wie sal jou toedraai, wie sal jou bêre as jy wil gaan slaap

Hoorder van my roepstem
Roeper van my hart
Vir jou stap ek die pad
Vir jou spaar ek my hart

Hoorder van my roepstem
Roeper van my hart
Vir jou stap ek die pad
Ja, vir jou spaar ek my hart

Músicas mais populares de Theuns Jordaan

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)