Namibsroos [Duet]

Theuns Jordaan

Jy was ysig in die koue
Jou hande in jou hoed
Jou jas tot bo geknoop
Jou glimlag soet

In die eggo van jou wegstap
In die woorde van jou groet
Lê beloftes van jou omdraai
En na my soek

Bring vir my 'n Namibsroos
Bring haar na my toe
Tafelberg die roep my
Oral waar ek gaan

As jy eendag, op 'n reëndag
Op 'n grou en eensaam Sondag
Voor my deur kom wag

Sou ek jou eensklaps wegvat
Deur die lug of met die langpad
Na 'n somer visioen
Waar ek jou soen

Bring vir my 'n Namibsroos
Bring haar na my toe
Tafelberg die roep my
Reguit na jou toe

As jy eendag weer wil praat
Die geheime in jou loslaat
Vir my 'n boodskap bring
Sal ek dit sing

En jy vra my oor ons môre
Sal ons gister weer kan terug kry
Soos misreën in die oggend
Kleef jy aan my

Bring vir my 'n Namibsroos
Bring haar na my toe
Tafelberg die roep my
Oral waar ek gaan

In die beelde wat my bybly
In drome staan jy voor my
In die oestyd van die liefde
Waar ek jou kry

In die myle wat verby gaan
Deur die ure wat ons saam kry
In 'n zonneblom seisoen
Is ons versoen

Bring vir my 'n Namibsroos
Bring haar na my toe
Tafelberg die roep my
Reguit na jou toe

Stuur vir my 'n bottelbrief
Jou hart se serenade
Die branders sal dit bring

In die warm van jou woorde
Voltyd van my gemoed

Sou jy dit als verstaan
As ek nader gaan
En sou jy by my staan
In glimlag en in traan
Sou jy by my staan

Bring vir my 'n Namibsroos
Bring haar na my toe
Zonnebloem seisoen
Tafelberg die roep my
Reguit na jou toe
Zonnebloem seisoen

Bring vir my 'n Namibsroos
Bring haar na my toe
Zonnebloem seisoen
Tafelberg die roep my
Na zonnebloem seisoen

Músicas mais populares de Theuns Jordaan

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)