Makiesakie

Is jy oud of is jy jonk, nugter of dronk?
Van kleins af al geleer om op 'n stage te pronk
Is jy wit of is jy swart, bruin of rooi?
In 'n hoed of in 'n jas, jou beste baadjie getooi

Makiesakie
Buite makiesakie, my mens
Buite makiesakie

Het ek jou al gesê dat ek vir jou wil hê?
Het ek jou al vertel ek's meer as net jou pel?
Hoekom het jy gesê die rook het al gaan lê
Hoekom het jy vertel dis die hemel, toe's dit allietyd die hel

Makiesakie
Gister makiesakie, my mens
Gister makiesakie

Die wêreld se dinge in die rook se ringe
Jy soek na lewensbrood want binne voel jy dood
Van gister tot vandag het jy lekker gelag
Maar jou oë voel vuil en jy begin te huil

Makiesakie
Trane makiesakie, my mens
Trane makiesakie

Het ek jou al gesê dat ek vir jou wil hê?
Het ek jou al vertel ek's meer as net jou pel?
Hoekom het jy gesê die rook het al gaan lê?
En hoekom het jy vertel dis die hemel, toe's dit allietyd die hel
Ja hoekom het jy vertel dis die hemel toe's dit allietyd die hel

Músicas mais populares de Theuns Jordaan

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)