Hartseer Vir Die Reën
Luister na die stil vir my
Fluister soos die wind
Solitude en stilte
Daar sal jy my vind
Al jou spore klou
Soos graffiti aan my vas onverwyderbaar
Gooi jou hartseer vir die reën
Dan huil jy nooit alleen
Kyk trane val een vir een
Kry my halfpad in die skemer, halfpad as die dag breek kry my elke keer
Totdat jy hier teen my
Kom dans
Totdat jy hier
In my arms stil kom staan
Kyk na die see vir my
Soek my teen die blou
Dis 'n langpad na die liefde
Dit moet jy onthou
Maar die langpad loop ek nou
Om jou vas te hou stap ek deur die blou
Gooi jou hartseer vir die reën
Dan huil jy nooit alleen
Kyk trane val een vir een
Kry my halfpad in die skemer, halfpad as die dag breek kry my elke keer
Totdat jy hier teen my
Kom dans
Totdat jy hier
In my arms stil kom staan
Deur donker valleie roep ek na jou naam
Op horisonlyne sien ek visioene van ons saam