Hakieshart

Ek sien dit lankal aankom
Maar my hart, verklaar my stom
Sy snare in die reën trek krom
Want krakies kraak
Al is hulle goed vermom

Want 'n gaatjie wat lek, word 'n gat
'n Storm in 'n wynglas sal spat
Nou's my spore net stof langs die pad
Want die hakies aan my hart is te swak
Ja, die hakies aan my hart is te swak

Elke keer het ek gedink dit sal kwyn
Maar die ligte het net rooier geskyn
En die hoop het met die kere verdwyn
Want my hart, het ook maar 'n buitelyn

Want 'n gaatjie wat lek, word 'n gat
'n Storm in 'n wynglas sal spat
Nou's my spore net stof langs die pad
Want die hakies aan my hart is te swak
Ja, die hakies aan my hart is te swak

Nagte dwaal ek in die strate rond
Wat het dan van ons geword?
Ek luister met 'n leë mond
Soekend na, net 'n plekkie vir my woorde stort

Want 'n gaatjie wat lek, word 'n gat
'n Storm in 'n wynglas sal spat
Nou's my spore net stof langs die pad

Músicas mais populares de Theuns Jordaan

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)