Een Vir Almal En Almal Vir Een

Een vir almal en almal vir een
Skouer aan skouer
Geen man staan alleen
Sal veg tot die einde deur storms en reën
Een vir almal en almal vir een

Een vir almal en almal vir een
Ek roep met die stem van elke jong seun
Die trots van ‘n nasie
Jy wys ons waarheen
Een vir almal en almal vir een

As ons staan staan ons saam
Deur oorwinning sal ons glorie nooit vergaan
As ons val val ons saam
Jy sal ons nie onderkry deur die storms en die reën
Een vir almal en almal vir een

Een vir almal en almal vir een
Gemaak net vir helde
Die tye wat jy leen
Jy trek weer ‘n nasie
‘n Nasie by een
Een vir almal en almal vir een

As ons staan staan ons saam
Deur oorwinning sal ons glorie nooit vergaan
As ons val val ons saam
Jy sal ons nie onderkry deur die storms en die reën
Een vir almal en almal vir een

Daar is dae wat jy gaan val
Maar vandag is nie daai dag nie
Daar is dae wat jy sal sidder in die gesig van die vyand
Maar vandag is nie daai dag nie
Kyk nou die man langs jou in die oë
En trek saam
Want dis hy wat jou weer gaan optel
Hoor nou die vreeslose dreuning van 50 million
Manne daai dreuning is vir jou

As ons staan as ons staan
Staan ons saam staan ons saam
Deur oorwinning sal ons glorie nooit vergaan
As ons val as ons val
Val ons saam val ons saam
Jy sal ons nie onderkry deur die storms en die reën
Een vir almal en almal vir een

Músicas mais populares de Theuns Jordaan

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)