Beautiful In Beaufort-Wes [Live]

Jy was beautiful in Beaufort-Wes
En ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
En ek en jy het op grafte, treine en op Ford Fairlane
Se agterseats gevry

En nou is jy en jou man both computer analysts en
Laas winter you tried to cut both of your wrists
En nou skryf jy vir my

Jy kan nie
Meer slaap
Nie, nie meer
Lag
Nie, nie meer
Iets vir jouself doen nie en nooit ooit weer
Vir my soen nie

Mooi, mooi, mooi was jou woorde ook
Terwyl jy menthol sigarette rook
En al daai sweet-sweet dinge vir my sê
Terwyl jy sweet-sweet in my arms lê

Die presiese woorde het ek presies vergeet
Ek onthou net die rook en die sweet
In Beaufort-Wes
En jou kaal liggaam onder 'n koel
Summer cotton dress

Nie
Meer slaap
Nie, nie meer
Lag
Nie, nie meer
Iets vir jouself doen nie en nooit ooit weer
Vir my soen nie

En dis miskien soos 'n storie uit die Huisgenoot
Maar jy't een aand skielik vir my weggestoot
En in die rearview mirror jou gesig gekyk
En gesê miskien moet ek gelukkiger lyk

Daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
Ek't gevoel hoe my hart los ruk uit my lyf
En soos 'n roeiboot al in die rivier af dryf

Ek kon nie
Meer slaap
Nie, nie meer
Lag
Nie, nie meer
Iets vir mekaar doen nie en nooit ooit weer
Vir jou soen nie

Jou laaste herinnering waaroor ek sing
Is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan die nag in ry
Tot anderkant die ding-dong gong
Van die breakfast waiter in die gang verby

Dit was my wake-up call, my lief
Jy het gesê, wees asseblief lief vir my
Maar ek het gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon

En ek kon nie
Meer slaap
Nie, nie meer
Lag
Nie, nie meer
Iets ooit reg doen nie en nooit ooit weer
Vir jou soen nie

Ek kon nie
Meer slaap
Nie, nie meer
Lag
Nie, nie meer
Iets vir mekaar doen nie en nooit ooit weer
Vir jou soen nie

Curiosidades sobre a música Beautiful In Beaufort-Wes [Live] de Theuns Jordaan

Quando a música “Beautiful In Beaufort-Wes [Live]” foi lançada por Theuns Jordaan?
A música Beautiful In Beaufort-Wes [Live] foi lançada em 2007, no álbum “Beautiful In Beaufort-Wes”.

Músicas mais populares de Theuns Jordaan

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)