Daar Vind Ek Jou [Live Recording]
Daar vind ek jou
In die hawe wat die sterre na die nag toe lei
Waar weelde van liefde satyn en my drome my hart verbly
Saans laat as die maan met my praat hoor ek hoe jy jou liefde verklaar (Hoe ek my liefde verklaar)
As ek dwaal deur hierdie gange van verlange weet ek altyd jy’s daar
Daar vind ek jou
Daar vind ek jou
Waar die hartseer en die trane en die donker ophou
Daar vind ek jou
Daar is my hart en my lewe
Saans in die nag waar ek wag is die sterre my vriende
Vir wie ek vertel van ons laaste vaarwel bly ek joune
Daar vind ek jou
Ek hou wag oor elke nag wat jou seer kan maak
Ek stuur in my drome die son en sy strale om aan jou te raak
Saans laat as die maan met my praat hoor ek hoe jy jou liefde verklaar
As ek dwaal deur hierdie gange van verlange
Weet ek altyd jy’s daar
Daar vind ek jou
Daar vind ek jou
Waar die hartseer en die trane en die donker ophou
Daar vind ek jou
Daar is my hart en my lewe
Saans in die nag waar ek wag is die sterre my vriende
Vir wie ek vertel van ons laaste vaarwel
Bly ek joune
Daar vind ek jou (Daar vind ek jou)
Daar vind ek jou (Daar vind ek jou)