Liefling-keurspel

Ek is baie lief vir jou
Dag en nag dink ek aan jou
Nou weet ek wat liefde is
En ek voel hoe dit vir jou is

Ek is baie lief vir jou
Wat ek doen doen ek vir jou
Jy’s my hartseer en my vreug
Oor jou voel my hart verjeug

Weet jy hoe ek oor jou voel?
Liefde is vir ons bedoel
Ware liefde vir ons twee
Neem ons altyd met ons mee
Neem ons altyd met ons mee

Jy is my liefling en ek is so bly
Ja die tyd is verby en jy wag nou vir my
Daar by jou woning sien ek weer die lug
En ek weet jy, my liefling, is terug

As die maan opkom oor die velde
En die sterretjies skyn in die lug
Dan voel ek so lief vir die wêreld
Want ek weet my liefling is weer terug

My hartlam jy is my liefling en ek is so bly
Ja die tyd is verby en jy wag nou vir my
Daar by jou woning sien ek weer die lug
En ek weet jy, my liefling, is terug

Jy is my liefling, ek is so bly die tyd is verby
Daar by jou woning sien ek die lug jy is terug
En ek weet jy, my liefling, is terug
En ek weet jy, my liefling, is terug

Músicas mais populares de Rudi

Outros artistas de Pop rock