Vingers En Voete

My vingers moet voel hulle moenie net raak nie
My voete moet swerf anders maak ek nie saak nie
Wat in die wêreld is liefde
As ons stil sit?

My hande moet bid want ek staan op genade
Ek moet soek na die pad wat hom vorm om my dade
Waarvoor is vingers en voete dan daar
As ons sit agter mure en niks ooit ervaar nie?

Die dak is vol gate en die deure val om
Maar deur gate en goeters sien mense die son
So drink maar die water al lyk dit soms vuil
Want daar's modder vol hartseer wanneer mense huil

Daar's niemand daar buite wat hoor as ek praat
Maar wie is my God as ek uit roep vir raad?
My klere is vol skeure waardeur my hart bloei
Maar sonder die skeure kan my liggaam nie groei

My vingers moet voel hulle moenie net raak nie
My voete moet swerf anders maak dit nie saak nie
Wat in die wereld is liefde
As ons stil sit?

My hande moet bid want ek staan op genade
Ek moet soek na die pad wat hom vorm om my dade
Waarvoor is vingers en voete dan daar
As ons sit agter mure en niks ooit ervaar nie?
Waarvoor is vingers en voete dan daar
As ons sit agter mure en niks ooit ervaar nie?

My hande moet bid want ek staan op genade
Ek moet soek na die pad wat hom vorm om my dade
Waarvoor is vingers en voete dan daar
As ons sit agter mure en niks ooit ervaar nie?
Waarvoor is vingers en voete dan daar
As ons sit agter mure en niks ooit ervaar nie?

Waarvoor is vingers en voete dan daar
As ons sit agter mure en niks ooit ervaar nie?
Waarvoor is vingers en voete dan daar
As ons sit agter mure en niks ooit ervaar nie?

Músicas mais populares de Rudi Claase

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)