As al die kerke afbrand

Maak nie saak waar jy lê nie
En wat mense van jou sê nie
Niks kan die waarheid wegsteek vir Hom nie

Maak nie saak wie jou keer nie
En daar is niks om by die donker te leer nie
Is jy reg?
Dalk raak alles weg

As al die kerke afbrand
Sal jou geloof jou deur die nag kan dra?
Ons moet net vir die Here vra
As jy glo is Hy altyd daar

As al die woorde wegraak
Kan jou hart Sy wonder woorde lees
Daarom is ek nie bang nie
As alles more wegraak sal Hy by my wees

Dit maak nie saak as jy seer kry weg raak of val nie
Want dis nie die mense wat jou kom haal nie
Hy skryf elke voorwoord van die hart en siel

As al die kerke afbrand
Sal jou geloof jou deur die nag kan dra?
Ons moet net vir die Here vra
As jy glo is Hy altyd daar

As al die woorde wegraak
Kan jou hart Sy wonder woorde lees?
Daarom is ek nie bang nie
As alles more wegraak sal Hy by my wees

En daarom bly ek glo
Daar's 'n berg se skaduwee in die blou van my oë
En as al die kerke afbrand vrees ek niks nie
Want ek weet Hy's by my
Ek weet Hy is by my

Músicas mais populares de Rudi Claase

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)