Tyd Om Te Lewe

Riana Nel

[Vers 1]
Ek was verras
Toe jy hier langs my stilhou
Jy weet net waar om my te kry
Jy sê ek moet klim en vashou
Ek sou nie wou agterbly
Ek vou my arms om jou middel
Hoe het ons so gesukkel
Om bymekaar uit te kom

[Koor]
Want dis tyd om te lewe
Vandag is môre se gister
Dis okay om te bewe
Die onbekende roep my naam
Ek sal moet waag om te wen
Want tyd staan nie vir niemand stil nie
En daar's nêrens in die wêreld
Waar ek eerder sal wil wees as saam met jou nie
As hier saam met jou

[Vers 2]
Ek voel die wind waai
Woes hier deur my hare
Ek soek jou al vir jare
Dis tyd om 'n kans te vat
Jy klim binne in my hart
Geen tyd om met myself te stry nie
So sal niemand liefde kry nie
Is ek bedoel vir jou?

[Koor]
Want dis tyd om te lewe
Vandag is môre se gister
Dis okay om te bewe
Die onbekende roep my naam
Ek sal moet waag om te wen
Want tyd staan nie vir niemand stil nie
En daar's nêrens in die wêreld
Waar ek eerder sal wil wees as saam met jou nie

[Brug]
Waar was jy al hierdie jare
Ek hou my asem op vir jou
En by jou wil ek wees

[Slot]
Want dit is tyd om te lewe
Vandag is môre se gister
Dis okay om te bewe
Die onbekende roep my naam
Ek sal moet waag om te wen
Want tyd staan nie vir niemand stil nie
En daar's nêrens in die wêreld
Waar ek eerder sou wou wees as saam met jou
As hier saam met jou
Sal moet waag om te wen
Want tyd staan nie vir niemand stil nie
En daar's nêrens in die wêreld
Waar ek eerder sou wou wees as saam met jou
As hier saam met jou

Curiosidades sobre a música Tyd Om Te Lewe de Riana Nel

Quando a música “Tyd Om Te Lewe” foi lançada por Riana Nel?
A música Tyd Om Te Lewe foi lançada em 2011, no álbum “Die Moeite Werd”.

Músicas mais populares de Riana Nel

Outros artistas de Country pop