Hoe Kan 'n Man

Riana Nel

Die winter het tussen ons kom lê
Bring ons nader aan wat ons vanaand wil hê
Maar wat jy nie nou kan sê
Kan ek aanvoel in die stilte

Jou krag het my nog altyd hoop gegee
Maar selfs jy bloei nes elke ander man
En wat jy nie self kon doen
Moes jy oorgee aan 'n ander

Daar is hoop vir wanneer ons twyfel
'n Belofte wat ons in kan glo

Maar hoe kan 'n man
Sê hy't jou lief
As hy daardie woorde nooit al gehoor het, en
Hoe kan 'n man
Sê hy't jou lief
As hy nooit daardie woorde
Ooit al gehoor, en so ek sê dit oor en oor
Tot jy my hoor

Waarheid het met elkeen al gepraat
Maar dis anders as om dit te kan ervaar
En as jy my hart kan hoor
Want ek fluister in die stilte

Liefde is 'n woord wat moeilik sê
En 'n berg wat soms hier tussen ons kom lê
As jou hand in myne is
Klop my hart met 'n gemoedsrus

Daar is hoop vir wanneer ons twyfel
'n Belofte wat ons in kan glo

Maar hoe kan 'n man
Sê hy't jou lief
As hy daardie woorde nooit al gehoor het, en
Hoe kan 'n man
Sê hy't jou lief
As hy nooit daardie woorde
Ooit al gehoor, en so ek sê dit oor en oor
Ja ek sê dit oor en oor

Tot jy my woorde kan hoor
Ek't n leeftyd gewag
Om te sien hoe genade genees
En as ons dan uit liefde gered is wat keer ons vanaand?

So hoe kan 'n man
Sê hy't jou lief
As hy daardie woorde
Nooit al gehoor het
En hoe kan 'n man
Sê hy't jou lief
As hy daardie woorde
Nooit al gehoor, en so ek sê dit oor en oor
Ja ek sê dit oor en oor
Tot jy my hoor

Curiosidades sobre a música Hoe Kan 'n Man de Riana Nel

Quando a música “Hoe Kan 'n Man” foi lançada por Riana Nel?
A música Hoe Kan 'n Man foi lançada em 2014, no álbum “Die Regte Tyd”.

Músicas mais populares de Riana Nel

Outros artistas de Country pop