Sal By Jou Staan
Soms vat dit jare vir mens om te kan verander
Ek weet daar was dalk 'n oomblik wat jy gedink het
Alles sou dieselfde bly
Maar soms vat dit jare om jou hart weer te kan herinner
Dat alles wat jy gehad het nie, verlore hoef te gaan
Want ek sal by jou staan ek, sal jou hand nooit laat gaan nie
Elke tree by jou wees
En selfs sou ek dit nie verstaan nie
Ek sou jou nooit kan laat gaan nie
Ek sal altyd by jou wees
Een in gees
Jy's nooit alleen
En jy sal nooit wees
Soms vat dit maande om wat was weer te kan herskrywe
Maar glo my dis so die moeite werd om aan hou te probeer
En selfs as jy struikel, jou wêreld in mekaar tuimel
Weet net dat wat hierna sal kom
Dit alles beter maak
Want ek sal by jou staan ek sal jou hand nooit laat gaan nie
Elke tree by jou wees
En selfs al sou ek dit nie verstaan nie
Ek sal jou nooit kan laat gaan nie
Ek sal altyd by jou wees
Een in gees
Jy's nooit alleen
En jy sal nooit wees
Want ek sal by jou staan ek sal jou hand nooit laat gaan nie
Elke tree by jou wees
En selfs al sou ek dit nie verstaan nie
Ek sal jou nooit kan laat gaan nie
Altyd by jou wees
Een in gees
Jy's nooit alleen
En jy sal nooit wees
Een in gees
Jy's nooit alleen
En jy sal nooit wees