Namibië

Riana Nel

Ek het my hart verloor in Namibië
En soos die branders spoel is dit asof ek weer jou soene voel
Maar die son hang laag oor die horison en die maan wat aan die anderkant opkom
Is daar 'n einde vir elke begin en 'n begin vir elke einde

So sê jy onthou die maanlig op die see se waters dans
Die sterre in die bosveld in die aand
Die stilte bo mens se verstaan
Sê jy onthou die sporе wat geloop is in die sand
Die hеrinneringe hand aan hand
Sê jy verlang ook na ons land

Ek het 'n pad gevind na 'n huisie in Pretoria
Ek het hard gesnik was maar net 'n kind van Akademia
Maar die son hang laag oor die horison en die maan wat aan die anderkant opkom
Is daar 'n einde vir elke begin en 'n begin vir elke einde

So sê jy onthou die maanlig op die see se waters dans
Die sterre in die bosveld in die aand
Die stilte bo mens se verstaan
Sê jy onthou die spore wat geloop is in die sand
Die herinneringe hand aan hand
Sê jy verlang ook na ons land

Tussen duine en dorre woestyne onthou jy wie jy is
En tussen die hemel en die diepblou see besef jy hoe klein jy is

Sê jy onthou die maanlig op die see se waters dans
Die sterre in die bosveld in die aand
Die stilte bo mens se verstaan
Sê jy onthou die spore wat geloop is in die sand
Die herinneringe hand aan hand
Sê jy verlang ook na ons land

Curiosidades sobre a música Namibië de Riana Nel

Quando a música “Namibië” foi lançada por Riana Nel?
A música Namibië foi lançada em 2014, no álbum “Die Regte Tyd”.

Músicas mais populares de Riana Nel

Outros artistas de Country pop