Glasruit

Die skepping van die hart
Lei nie tot die sterwing van my siel
Om elke hoek en krul en draai, 'n wind wat 'n herinnering opwaai
'n Begeerte vasgehammer
In elke liewe droom
En al die vrae wat ek oor wonder
Sal nooit beantwoord word

Wat is trane?
Wat is dit om te huil?
Wanneer jou verbode liefde
Agter 'n glasruit skuil
En jy sing jou lied van liefde
Maar jou enigste kan jou nie hoor
En jy hou hom in jou arms vas
Maar jou gevoelsintuie het verdwyn

'n Verlede met onverklaarde gebeure
En 'n toekoms met sinnelose begeertes toegesmeer
En ek vra jou, en ek smeek jou
Ek pleit dit by jou
En al die vrae wat ek oor wonder
Sal nooit beantwoord word

Wat is trane?
Wat is dit om te huil?
Wanneer jou verbode liefde
Agter 'n glasruit skuil
En jy sing jou lied van liefde
Maar jou enigste kan jou nie hoor
En jy hou hom in jou arms vas
Maar jou gevoelsintuie het verdwyn

Soos engel sonder vlerke
Verhale sonder woorde
Lirieke sonder wysies
As my hart ophou klop

Toegeswelde deure
Geen toekoms, sonder God
Dis hoe ek voel
As my hart ophou klop

Wat is trane?
Wat is dit om te huil?
Wanneer jou verbode liefde
Agter 'n glasruit skuil
En jy sing jou lied van liefde
Maar jou enigste kan jou nie hoor
En jy hou hom in jou arms vas
Maar jou gevoelsintuie het verdwyn

Wat is trane?
Wat is dit om te huil?
As jou liefde agter 'n glasruit skuil

Músicas mais populares de Riana Nel

Outros artistas de Country pop