Dik En Dun
Jy
Wat die deure so toe klap
Elke keer as jy weg stap
Jy weet jy maak nie reg
En ek
Ek kan somtyds so stil raak
As die dinge te veel raak
Ek weet ek maak nie reg
Maar ons verloor mekaar
Elke keer net voor jy weg stap
So dink bitter mooi voor jy praat
Kry my daar
Waar ons deur die dik en die dun bymekaar kom
En my hart weer 'n pad na jou hart deur die trane vind
Wys my waar
Die goed en die kwaad mekaar by die hand vat
En jou hart weer 'n pad na my hart deur die jare vind
Waar die liefde weer begin
Deur die dik en dun
Jy
Wat al my swakhede miskyk
En my met niemand vergelyk
Ja dit maak alles reg
En ek
Ek kan somtyds so twyfel
Gelukkig het ons die Bybel
En dit maak alles reg
Want ons verstaan mekaar
Want ons weet nou om te luister
Jy's bitter mooi as jy kwaad is
Kry my daar
Waar ons deur die dik en die dun bymekaar kom
En my hart weer 'n pad na jou hart deur die trane vind
Wys my waar
Die goed en die kwaad mekaar by die hand vat
En my hart weer 'n pad na jou hart deur die jare vind
Waar die liefde weer begin
Deur die dik en dun
Haal diep asem
Al maak dit nou nie sin
Haal diep asem
Vat my terug na die begin