Skielik Somer

Mallemeule, tiekiedraai, wiele rol, hane kraai
Myle flits verby, 'n rolprent wat te vinnig draai
Weke weg in Niemandsland, vreemde stede, vreemde aarde
Vêr van jou engel naby jou skade

Vriende het jy baie nuwes elke dag
Maar jy gaan slaap alleen in die nag
Wakker word dis net nog 'n hotel
Bin Laden op die TV dit voel soos die hel

Daar's so baie paaie wat die pelgrim moet loop
Om by die Poorte uit te kom
Baie van hulle is vol draaie en met dorings besaai
Maar die een wat so blink, my kind draai liewers om

Struisbaai, Hermanus die Paarl en die Strand
Elke aand 'n ander kleur speel hom aan die brand
Die lang man sê dis nou weer tyd om te ry
Ek wil nog slaap wil nog wegkruip

Elke dag se bede wanneer sien ek jou weer?
My riviere is swart dis nie water nie dis teer
En die dier gee nie om of hy loop of ry
En hy hou jou dop en hy wil jou kry

Ek kry 'n foto van jou in my tas
Jy het altyd gelag as jy sê ek is 'n dromer
En toe ek aan jou dink toe word dit somer
Skielik toe word dit somer

As ek wegkom uit Nantes dan kom ek jou haal
Hoe het ek al weer so vêr verdwaal?
Die sonde keil my op en die dier hou my dop
En almal praat in vreemde tale

Toe ons oor die Stormsrivier brug ry
Toe wens ek jy was by my
Stadig val die nag
In die kroeë hoor ek die mense lag

Ek kry 'n foto van jou in my tas
Jy het altyd gelag as jy sê ek is 'n dromer
En toe ek aan jou dink toe word dit somer
Skielik toe word dit somer

Músicas mais populares de Piet Botha

Outros artistas de