Man Met Kitaar

Op die plaas Goedvertrou is almal konings
By die rivier het die son geskyn
Blou berge oral in die rondte en blou lug
Groen lê die lande swaar van die wyn

In die winter sien ons weer maar nou moet ons waai
Daar’s myle wat wag
En die man met kitaar moet vir die gelag betaal
Goebaai julle konings goebaai

Jy ken die N1 en twee en drie en vier en so aan paaie in die Wildernis
Dit beteken alles, dit beteken niks
Op Langebaan en Vredenburg goed gegaan, hard gewurg, aan die brandewyn
Brandewyn laat my staan want ek wil huis toe gaan

In die winter sien ons weer maar nou moet ons waai
Daar’s myle wat wag
En die man met kitaar moet vir die gelag betaal
Goebaai julle konings goebaai

Beaufort-Wes en Kimberley, was nie lank gelede nie
Oorlog kom en oorlog gaan maar myle hou net aan en aan
So as jy soek maar jy kan nie vir Jakob kry
En jy wonder waar is die ou siel nou
Hy sit in die son met sy kitaar
Die plaas se naam is Goedvertrou

In die winter sien ons weer maar nou moet ons waai
Daar’s myle wat wag
En die man met kitaar moet vir die gelag betaal
Goebaai julle konings goebaai
Goebaai julle konings goebaai
Goebaai julle konings goebaai
Goebaai julle konings

Músicas mais populares de Piet Botha

Outros artistas de