Begrafnislied

Belangrik vir seker
Kyk hoe baie mense by die graf
Die kamera flits aanhoudend
Selfs die predikant moet wag

Hallelujah
Sing almal saam
Prys die Here se Naam

My Trana gaan haal hom huis toe
En die manne skink 'n dop
Die maan sak sy gang gaan
Son kom weer in die more op

Hallelujah
Sing almal saam
Prys die Here se Naam

Hoe later hoe kwater
Die Testament, die groot baklei
Broerder twis dis gewis
Want elkeen voel hy moes meer kry

Hallelujah
Sing almal saam
Prys die Here se Naam

Die stof gaan lê maar
Weer op die klip tot dit reën
Teen sy laaste woorde
Waar gaan dit alles tog heen?

Hallelujah
Sing almal saam
Prys die Here se Naam

Curiosidades sobre a música Begrafnislied de Piet Botha

Quando a música “Begrafnislied” foi lançada por Piet Botha?
A música Begrafnislied foi lançada em 2011, no álbum “Spookpsalms”.

Músicas mais populares de Piet Botha

Outros artistas de