Vryheid Om Te Wees [Duet]
Hoog op die vlerke van ‘n engel vlieg ek
Lig sonder angs sonder sorge of vrae
Ek sien die nag stadig gryser word
Daglig kom betyds en breek my val
Ek het ontwaak van my kommer genees
Want die lewe skenk my vryheid om te wees
Hoog op die vlerke van ‘n engel vlieg ek
Klein lyk die wêreld hier van bo vir my
Klein lyk my vrese en klein lyk my smart
Ek voel net die liefde in my hart
Nou is ek vry van my kommer genees
Want die lewe skenk my vryheid om te wees
Dis as ek wil doen
Dat ek harder moet probeer
Maar as ek laat los
Het ek nou al geleer
Gebeur alles soos dit moet gebeur
Nou is ek vry van my kommer genees
Want die lewe skenk my vryheid om te wees
Ek het laat los
Nou is ek vry van my kommer genees
Want die lewe skenk my vryheid om te wees
Ja die lewe skenk my vryheid
Om te wees