Sal Jy Onthou

NEL SONIA ALETTA

Ek weet jou hart is weereens stil vanaand
Jy lê hier langs my, maar jy's ver
Miskien as ek dalk aan jou skouer raak
Sal ek kan voel wat jou seer maak

Hoekom vertel jy my nie wat jou pla
Wil jy regtig als self dra
Kan jy nie sien jou hartseer sluit my uit
Ek wil so graag daar vir jou wees

As jou wêreld donker raak en alles rondom jou verdwyn (Rondom jou verdwyn)
As jou môre nie wil kom nie en jou son nie meer wil skyn (Son nie wil skyn)
Sal jy onthou ek is hier om jou vas te hou (Hier om jou vas te hou)
Sal jy onthou ek bly altyd lief vir jou (Sal jy)

Ek wonder soms wie in jou lewe was
Wie het jou lag en pyn gedeel
As ek kon weet sou ek dalk kon verstaan
Wat in jou stil gemoed aangaan

As jou wêreld donker raak en alles rondom jou verdwyn (Rondom jou verdwyn)
As jou môre nie wil kom nie en jou son nie meer wil skyn (Son nie wil skyn)
Sal jy onthou ek is hier om jou vas te hou (Hier om jou vas te hou)
Sal jy onthou ek bly altyd lief vir jou (Sal jy)

As jou wêreld donker raak en alles rondom jou verdwyn (Rondom jou verdwyn)
As jou môre nie wil kom nie en jou son nie meer wil skyn (Son nie wil skyn)
Sal jy onthou ek is hier om jou vas te hou (Hier om jou vas te hou)
Sal jy onthou ek bly altyd lief vir jou
(Sal jy onthou)
(Sal jy onthou)
(Sal jy onthou)

Curiosidades sobre a música Sal Jy Onthou de Nianell

Quando a música “Sal Jy Onthou” foi lançada por Nianell?
A música Sal Jy Onthou foi lançada em 2010, no álbum “Sand & Water”.
De quem é a composição da música “Sal Jy Onthou” de Nianell?
A música “Sal Jy Onthou” de Nianell foi composta por NEL SONIA ALETTA.

Músicas mais populares de Nianell

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)