Ken Jy

Ons is net mens
Met 'n wens om te verstaan
Waar kom ons vandaan, en wat's die doel van ons bestaan?

Wentelbaan wat draai
Waarheen kan ons net raai
Moet die hart dan bloei sodat die siel kan groei?

Maar ken jy die hand (Hand)
Wat die son vashou
Hoor die fluister in die wind
Wat sê Hy's lief vir jou

Ken jy die hart (Hart)
Wat klop in die natuur
Voel die krag in Sy bestaan
Jy sal weet waaroor dit gaan

Soms voel mens leeg
As die wêreld jou opweeg
Sit alles in ‘n wig, en jy sal vind dis dalk te lig

Wentelbaan wat draai
Waarheen kan ons net raai
Soms moet die hart wel bloei sodat die siel kan groei

Maar ken jy die hand (Hand)
Wat die son vashou
Hoor die fluister in die wind
Wat sê Hy's lief vir jou

Ken jy die hart (Hart)
Wat klop in die natuur
Voel die krag in Sy bestaan
Jy sal weet waaroor dit gaan

Ken jy die hand (Hand)
Wat die son vashou
Hoor die fluister in die wind (Fluister in die wind)
Wat sê Hy's lief vir jou

Ken jy die hart (Hart)
Wat klop in die natuur
Voel die krag van Sy bestaan
En jy sal weet waaroor dit gaan
Voel die krag in Sy bestaan
En jy sal weet waaroor dit gaan

(Hoor die fluister, hoor die fluister)
(Fluister in die, wat sê Hy's lief vir jou)

Voel die krag in Sy bestaan
Jy sal weet waaroor dit gaan

Músicas mais populares de Nianell

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)