Vlug Nie Meer Nie

In die donkerure van die nag
Sit ek hier en wag
En die klok geruis was teen die muur
Tel elke uur

Ek sien jou lag ek voel jou asem jy weet wat ek bedoel
En teen die ruite lê die wasem jy weet hoe ek voel

Vlug nie meer nie ek kom jou haal
Vlug nie meer nie dis ‘n nuwe verhaal
Waar jy ookal gaan weet ek is daar
Vlug nie meer nie
Ons hoort bymekaar
Ons hoort bymekaar

Ons ontwaak en ek ontdek jou lag
Dis ’n nuwe dag
Hoe jy vir my kyk gee my weer moed
Dit voel so goed

Ek sien jou lag ek voel jou asem jy weet wat ek bedoel
Die lewe maak vir my weer sin jy weet hoe ek voel

Vlug nie meer nie ek kom jou haal
Vlug nie meer nie dis ‘n nuwe verhaal
Waar jy ookal gaan weet ek is daar
Vlug nie meer nie
Ons hoort bymekaar

Sonder jou is elke oomblik donker
Sonder jou voel alles vir my ver
Sonder jou voel alles vir my somber
Want jy hoort by my

Vlug nie meer nie
Vlug nie meer nie
Waar jy ookal gaan weet ek is daar
Vlug nie meer nie

Vlug nie meer nie ek kom jou haal
Vlug nie meer nie dis ‘n nuwe verhaal
Waar jy ookal gaan weet ek is daar
Vlug nie meer nie
Ons hoort bymekaar

Músicas mais populares de Nádine

Outros artistas de Pop rock